Hoe oud dink jy is sy? Laat 20s, dalk vroeg 30s?

[caption id="attachment_105056" align="alignnone" width="298"]Credit: Facebook Foto: Facebook[/caption]

Glo dit of nie, Pamela Jacobs van Leeds in Engeland is eintlik 52 jaar oud.

Met haar beeldskone vel, lang donker hare en ’n middel waarop baie jaloers sal wees, laat Pamela omtrent die koppe draai.

Sy is al gewoond daaraan om nog vir ’n student aangesien te word en word gereeld studenteafslag op treinkaartjies aangebied.

Pamela is ook die ma van Marley Jacobs-Saddler (21). Marley hou niks daarvan dat sy ma, wat tans enkellopend is, soveel aandag van veral jonger mans kry nie.

Erger nog, soms dink mense hulle is ’n paartjie eerder as ma en seun.

[caption id="attachment_105059" align="alignnone" width="271"]Foto: Facebook Foto: Facebook[/caption]

Pamela vertel die geheim agter haar jeugdige voorkoms is ’n gesonde dieet wat suiker en pasta uitsny. Sy oefen minstens een keer per week.

Haar ander groot geheim is klapperolie. Sy smeer dit twee keer per dag aan haar vel en gebruik dit ook in die kombuis.

Sy verlaat ook nooit haar huis sonder om sonbrandroom aan te smeer nie.

[caption id="attachment_105060" align="alignnone" width="300"]Foto: Facebook Foto: Facebook[/caption]

Bronne: Daily Mail; Yahoo

Is jy ouer as 40 en word jy soms aangesien vir veel jonger as jou werklike ouderdom? Stuur jou foto aan Petrus Malherbe