Hulle wil hê mense “moet iets hê wat hulle kan huis toe vat”, sê Barend Steyn (33).

Daarom loop hulle in die strate random die Uniegebou met ’n lugkwas, ’n rugsak vol ink en stensils van Madiba se gesig en sy tronknommer, 46664.

Teen net ’n paar rand verf hulle Madiba se gesig net waar jy wil. Hulle het al op mense se wange en arms geverf. En so maak hulle “sakgeld vir die vakansie” se Barend se vriend Willem Oosthuizen (18).

Willem het met die idee vorendag gekom. Hulle het die sjablone by ’n drukkery in Pretoria-Wes laat sny.

“Hier is soveel mense wat vandag kom groet het. Ons het kom kyk hoe dit gaan. As dit goed gaan, sal ons die bus Qunu toe haal,” vertel Barend.

- Hilda Fourie