Bobby het verjaar, die ooievaar het uitasem tussen rugbyspelers rondgevlieg, iemand rol in die geld ná ’n opspraakwekkende lughawe-rooftog, en pres. Trump kan steeds nie sy vingers van sy selfoon afhou nie.

As dit alles vir jou bekend klink, gaan jy baie goed vaar in vandeesweek se nuusvasvra.

Soos altyd: Rol tot onder die vasvra om te sien hoe deelnemers verlede week gevaar het.

Foto, regsom van links bo: Elton Jantjies, Bobby van Jaarsveld, Caroline-Grace en Franschhoek se wêreldbekende ekspressionisties-abstrakte skilder.

VERLEDE WEEK . . . 

Het ons ampertjies ’n onderskeiding gevier: Die gemiddelde punt was 72 persent.

Het altesaam 97 persent van julle geweet die opspraakwekkende gay-soen was op 7de Laan. ’n Kortkop agter was die Oscar-vraag, met 95 persent wat geweet het die verkeerde fliek is aanvanklik as beste fliek aangekondig. Julle ken verseker jul vermaaknuus!

Het net 37 persent van deelnemers geweet dat die nuwe passie-belegging van die wêreld se superrykes nou wyn geword het. (Voorheen was dit klassieke motors.) Maar toemaar, dit was ’n effense vangplek-vraag.