Pleks van op ’n hoogtepunt het vanjaar se Oscars in ’n chaos geëindig. Maar dis nie al wat die afgelope week gebeur het nie . . .  

Hoe goed het jy na die nuus opgelet? Voltooi ons weeklikse vasvra en vind uit!

Rol tot onder die vasvra om verlede week se uitslag te sien.

Foto (regsom van links bo): Carike Keuzenkamp, James Dalton, Emma Stone en Emo en Michelle Adams.

Bronne: huisgenoot.com, netwerk24.com, dailymaverick.com

VERLEDE WEEK . . . 

Was die gemiddelde punt vir die vasvra 63 persent.

Het 95 persent van julle geweet dat Anneline Kriel-Bacon haar steun by AfriForum se veldtog teen plaasmoorde gevoeg het.

En die wêreldberoemde Suid-Afrikaanse sopraan wat weer eens die Metropolitan Opera op hul voete gehad het? Net 36 persent het geweet dat haar naam Pretty Yende is.