GENOEG VIR 4 MENSE

Bereiding: 20 min.

Gaarmaak: 30 min.

GEKARAMELLISEERDE UIE

15 ml (1 e) botter

15 ml (1 e) olie

2 uie, in skyfies gesny

2 knoffelhuisies, fyngedruk

30 ml (2 e) bruinsuiker

paar takkies tiemie

KAPOKBLOMKOOL

30 ml (2 e) olyfolie

15 ml (1 e) botter

1 kg blomkool, in kleiner boompies gebreek

125 ml (½ k) water

60 ml (¼ k) room

sout en vars gemaalde peper

VARK

4-6 varkrepies

15 ml (1 e) komynsaadjies

Voorverhit die oond tot 230 °C. Plaas ’n draadrakkie op ’n bakplaat en bespuit met kossproei.

  1. Gekaramelliseerde uie Verhit die botter en olie in ’n pan en braai die uie, knoffel, suiker en tiemie stadig tot gekaramelliseer.
  2. Kapokblomkool Verhit die olie en botter in ’n kastrolletjie en braai die blomkool ’n paar min.
  3. Voeg die water by en laat prut tot die blomkool sag is.
  4. Voeg die room by en laat prut tot gereduseer.
  5. Pols fyn met ’n staafmenger en geur met die sout en vars gemaalde peper.