Die hond se eienaar, Joe Lewis, was besig om ’n laat skof as kroegman klaar te maak toe Monte Hanson skielik op hom begin skiet.
Die koeël wat vir Joe se kop bedoel was, het Jackson in die kop getref.

Monte was glo ontsteld omdat Joe nie 100-persent-tamatiesap vir sy drankie gebruik het nie, want as Jood kon hy vanweë sy geloofsoortuigings nie nagemaakte tamatiesap met gapermossel drink nie. Hy het toe skote in die kroeg begin skiet.

Net voor Monte begin skiet het, het Joe sy varkhond, Jackson, opgetel om na buite te neem. Die hond se been was gespalk omdat hy ’n toontjie moes laat verwyder en kon nie self loop nie.

Die koeël wat vir Joe se kop bedoel was, het Jackson in die kop getref. ’n Tweede skoot het Joe in die ribbes getref en by sy rug uitgegaan en het geen vername organe getref nie.

Joe sterk tans in die hospitaal aan en Monte is weens dieremishandeling en poging tot moord in hegtenis geneem.

Bronne: AP, Yahoo News