Eers het hy vir vroue ’n kykie gegee in hoe mans se koppe nou eintlik werk. Sy boek Act Like a Lady Think Like a Man (Meisies, so dink ’n man, 21 Januarie) het toe ’n internasionale blitsverkoper geword, want watter vrou wil nou nie agter die kap van dáárdie byl kom nie?

Nou het die Amerikaanse akteur Steve Harvey, deesdae ’n verhoudingskenner, ’n tweede boek gekryf: Straight Talk, No Chaser: How to Find, Keep, and Understand a Man.

En dit gaan vir seker weer ’n wegholsukses wees, want nou praat die man mos eers . . .

Hier is ’n uittreksel uit sy nuwe boek.

Jul vrae, kwellinge, klagtes en hulpkrete het my laat besef dat ek dit duideliker moet maak hoekom ons mans die dinge doen wat ons doen sodat vroue nog beter kan verstaan hoe om die man van hul drome te kry of hoe om hul bestaande verhouding ’n hupstoot te gee.

Ek hoop my raad sal jou help om mans beter te verstaan en om te besef hoe ongelooflik eenvoudig ons eintlik is. Ons benader elke situasie vanuit dieselfde hoek, gegrond op dieselfde uitgangspunt, en ons wyk byna nooit daarvan af nie.

Dis werklik sinloos om te verwag dat jou man jou soort logika moet inspan wanneer dit by afsprake en seks kom.

My innige hoop is dat jy dié inligting sal gebruik om jouself te bemagtig – dat jy sal besef jy hou self die sleutel tot ’n suksesvolle verhouding.

Verander jou benadering, en bly optimisties terwyl jy werk maak daarvan om die liefde te kry wat jy verdien. Doen dit gerus – jy het baie min om te verloor en alles om te wen.

OM ’N MAN TE VERSTAAN

Afsprake deur die dekades: hoe mans oor verhoudings voel in hul 20’s, 30’s, 40’s, 50’s en daarna

Hoe ons mans verhoudings beskou, is so ver verwyder van hoe vroue dit sien, dis ’n wonder dat ons hoegenaamd nog maniere kry om saam te wees. Maar tog kry ons dit reg. Dit vat net effens langer vir ons twee  om min of meer by dieselfde plek uit te kom.

Lees meer hieroor in Huisgenoot, 30 Desember 2010.