Vandag oor ’n maand is dit Kersfees. Hier is ’n paar pretfeite oor dié besonderse dag om jou in die Kersstemming te kry!

  • Amerikaanse wetenskaplikes het bevind Kersvader sal 822 huise per sekonde moet besoek as hy die hele wêreld se geskenke op Oukersaand wil te lewer.
  • Die hoogste Kersboom wat in die Guinness World Records opgeneem is, was 67 m lank en is in ’n winkelsentrum in Washington opgerig.
  • Kerspoeding was oorspronklik ’n sop van rosyntjies en wyn.
  • Die wêreld se langste en grootste Kersgeskenk was die Vryheidstandbeeld wat Amerika in 1886 by Frankryk gekry het.
  • Die eerste nagemaakte Kersboom is deur die Duitsers vervaardig van gansvere, wat hulle gekleur het.

Marelize Potgieter

Bronne: Daily Mirror.co.uk; Yahoo.com; Randomfactshistory.com