Hy is op 1 November 2016 skuldig bevind aan die drie moorde. In sy uitspraak het regter Hennie de Vos gesê: “U het die drie lede van u gesin op die oggend van 3 Desember verlede jaar een vir een koelbloedig doodgeskiet.” Maandagoggend is ’n aanvang geneem in die Vereenigingse hof met die aanhoor van getuienis ter versagting en ter verswaring van Fanie se vonnis. Petra Trom het getuig dat Fanie du Preez deel is va ndie berugte 28-bende in die tronk. Dié groep word as gewelddadig beskryf.

Fanie het glo dreigemente ontvang en daarom by die 28-bende aangesluit. Tot dusver was hy egter nog nie by enige gewelddadige voorvalle in die tronk betrokke nie. Adv. Roelof van Wyk, vir Fanie du Preez, het aan die hof gesê dat Fanie van mening is dat hy verkeerdelik skuldig bevind is. Hy voer voorts ter strafversagting aan sy ouers se situasie moet in ag geneem word. Ook dat hierdie Fanie se eerste oortreding is. Hy versoek regter de Vos om Fanie die nodige genade te betoon.
Adv. Erik van der Merwe, vir die staat, sê aan die hof dat Fanie verantwoordelik is vir sy ouers se situasie. Hy sê ook die wapens wat in sy besit gevind is, het verhoed dat Fanie met moord weggekom het.

Erik sê Fanie het die hof en die polisie mislei. Hy gee goeie ondersoekwerk aan die polisie se kant erkenning daarvoor dat die saak wel gevorder het tot waar dit vandag is.

Volgens Erik het Fanie ’n haat teenoor sy 17-jarige dogter Carlia gekoester en die blote feit dat Fanie nog onskuldig pleit, is behoort ’n verswarende uitwerking op sy straf te hê. Erik vra lewenslange gevangenisstraf vir die drie moorde. Vir regsverydeling versoek hy gevangenisstraf vir 10 jaar; vir die besit van vuurwapens en ammunisie vra die hof sewe jaar. Op 28 Oktober 2016 het Erik gevra Fanie moet skuldig bevind word aan die onwettige besit van sy vrou se .38-rewolwer en haelgeweer. Fanie sal Woensdag hoor wat sy vonnis is.

Vroeër vanoggend

Fanie se ma, Joan van Wyngaardt het Maandagoggend in die rondgaande hof in Vanderbijlpark in trane ter versagting van haar seun se vonnis getuig.
Joan getuig dat haar skoondogter, Thea, aan haar ’n afstandbeheerder sou gee wat die alarmstelsel kon aktiveer. Sy ontken ook dat Fanie ooit aan haar sou erken dat hy die misdade gepleeg het. Lees ook: ‘Fanie du Preez het bewyse geplant en moorde haarfyn beplan,’ hoor hof Joan ontken ook dat sy aan Fanie sou gesê het: "Moenie vir my sê jy het dit gedoen nie".

Lees ook: Tien goed wat jy moet weet van Fanie du Preez en die moorde

Petra Tromp, ’n maatskaplike werker, was verantwoordelik vir die opstel van ’n voorvonnis-verslag waarin sy met verskeie mense gesprekke moes voer. Carlia, Fanie en Thea se 17-jarige dogter, het volgens die verslag haar hokkiespan beïnvloed.

Volgens Petra se verslag, kom dit voor dat Fanie geld gebruik het om haar liefde te wen. Hy het ook vir haar ’n motor gekoop.

Lees ook: 'Nee, Pappa, nee! – voor pa dogter ‘ses keer skiet’ In haar verslag dui Petra ook aan dat Fanie baie vriende gehad het en dat hy gereeld saam met hulle gedrink het. Fanie het dit egter ontken en gesê dat hy die meeste van die tyd saam met sy familie gebraai het. Daar word ook verwys na medikasie wat hy moes neem om sy aggressie in toom te hou. Fanie sou ook glo vir Thea gevolg om seker te maak dat sy nie met ander mans verhoudings aanknoop of hê nie.