In regter Hennie de Vos se uitspraak, wat kwalik langer as ’n uur geduur het, het hy die moord op die ma en kinders as ’n wrede en grusame teregstelling beskryf.

Hy het eers Joan van Wyngaardt, Du Preez se ma, se getuienis ter versagting aan die hof voorgelees. Haar gebrek om iets oor haar kind as mens te sê, het volgens hom eintlik ’n verswarende impak op haar getuienis gehad. Dit is gevolg deur die maatskaplike werker Petra Tromp se voorvonnisverslag. Die regter het voorts gesê die moorde is nie uit woede gepleeg nie. Du Preez was boonop die een wat bevele uitgedeel het en geen verantwoordelikheid vir sy eie optrede aanvaar nie; iemand anders moes altyd die skuld kry.
Die regter het ook gesê Thea, Carlia en Philip was “weerloos” teen Du Preez se goed beplande optrede. Du Preez het byvoorbeeld self die knaldemper gemaak.

Du Preez wou ook seker maak sy vrou en kinders sterf, en dis hoekom hulle in die kop geskiet is. Nie eens die feit dat Carlia (17) wakker geword en die skote probeer afweer het, het hom van plan laat verander nie.

Lees ook: ‘Nee, Pappa, nee!’ – voor pa dogter ‘ses keer skiet’ Daar bestaan selfs die moontlikheid dat die 14-jarige Philip voor die doodskoot in die loop van die pistool in sy pa se hand moes vaskyk. Nog ontstellende getuienis dui daarop dat daar dalk ’n worsteling was voor hy doodgeskiet is. Dit verklaar hoekom Carlia wakker was toe sy aangeval is. Lees ook: Fanie du Preez se 14-jarige moes waarskynlik in pistoolloop vaskyk voor doodskoot

Volgens die regter het Du Preez se gevoellose en wrede optrede sy vrou (43) en hul kinders van ’n toekoms ontneem.
Om Du Preez genade te betoon, sou volgens die regter onvanpas wees. Hy het Du Preez beskryf as ’n narsis met ’n positiewe selfbeeld; daarom kan hy so maklik die skuld op iemand anders pak. Du Preez het volgehou as pa en eggenoot het hy omgegee vir sy gesin, maar in sy uitspraak het die regter gesê ’n goeie ouer sou nooit sy kinders by die vervaardiging van BDSM-toerusting (bondage, dominansie en sadomasochisme) en betrek nie. “Hy het nie sy vrou en kinders beskerm nie,” het De Vos ook gesê.

Du Preez se vonnis is soos volg:

Moord op sy vrou, Thea (43) – lewenslank

Moord op sy seun, Philip (14) – lewenslank Moord op sy dogter, Carlia (17) – lewenslank Regsverydeling – 10 jaar Die besit van ’n 9 mm-pistool – sewe jaar Onwettige besit van ammunisie – twee jaar Selfs op pad terug na die selle het Du Preez volgehou hy het nie sy kinders geskiet nie.

Regter Hennie de Vos het Fanie se aansoek tot appèl teen sy vonnis en skuldigbevinding van die hand gewys.
Op een dag kort was dit verlede jaar die toneel in die hof: Du Preez en Thea se familie op 15 Desember 2015 by die hofverrigtinge.