Fanie het Dinsdag in die Vanderbijlpark-landdroshof vir sy formele borgtogaansoek verskyn.

Fanie (39) het verlede week kortliks in die Vanderbijlpark-landdroshof verskyn waar die saak uitgestel is.

Lees ook: ‘Sy’t hom elke keer vergewe’ – toe skiet hy haar en kinders dood

Met ’n vorige verskyning het hy gevra om regshulp. Francois de Kock het Dinsdag aan die hof gesê hy’s aangestel om namens Fanie op te tree. Hy het gesê hy is gevra om om borgtog aansoek te doen en het die hof gevra om die saak tot 15 Desember uit te stel. Die landdros het die versoek toegestaan. Fanie staan tereg op die skietdood van sy vrou, Thea (43), en hul twee kinders, Carlia (17) en Phillip (14) op 3 Desember. Die staat voer aan die moorde is vooraf beplan. Die aanklaer het gesê omdat dit ’n skedule 6-misdaad is, sal hulle borgtog teenstaan. Bron: News24

Volg hooftrekke uit die hofveriggtinge hier: