“Presies twee jaar gelede ek het op die verhoog gestap – nie meer as Mej. Suid-Afrika nie, maar as Mej. Wêreld,” het die hoogswanger Rolene vanoggend op Instagram vertel by ’n foto van haar by haar kroningsgeleentheid in Londen. “Ek sal altyd dankbaar wees vir alles wat ek sedert daardie dag ervaar het en oor hoe fantasties dit was. Soms wonder ek hoekom al dié seëninge oor my pad kom en voel ek skuldig. Al wat ek kan sê, is dat my hart oorvloei met vreugde, vrede en dankbaarheid.” Lees ook: Verklap die kleur van Rolene Strauss se uitrustings dalk die geslag van haar kleinding?

A photo posted by Rolene Strauss (@rolenestrauss) on

Rolene, wat verlede maand haar mediese eksamens voltooi het, het vroeër vandeesweek op Instagram vertel haar lewe bestaan tans uit “slaap, die strand, eet, slaap . . . Herhaal.” Lees ook: ‘Die kleinding is klaar die lig in ons lewens,’ verklap ‘n stralende Rolene Strauss
Die Bloemfonteiner, wat oorspronklik van Volksrust in Mpumalanga is, het onlangs ook vertel hoe geseënd sy is om in ’n land te woon waar sy soveel wonderlike kinderjare gehad het. Sy kan duidelik ook nie wag om nog herinneringe saam met haar eersteling te skep nie.