Dié siekte kom veral voor by pasgebore babas en veroorsaak dat die longe onvoldoende is en nie behoorlik lug kan behou nie.

“Vandag gaan erger as gister,” vertel haar ma, Amelia Visser (19), vanuit die hopsitaal. “Dokters is hoopvol, maar is nog nie seker of sy dit gaan maak nie.”

Shanika is op 31 Mei gebore en ontvang medikasie vir die siekte, maar volgens Amelia verwerp Shanika se liggaampie die medikasie.

“In hierdie staduim mag ek nie vir Shanika melk gee nie, want dit gaan haar sieker maak.” Shanika ontvang tans voeding deur ’n drup. Amelia het nog twee kinders, ’n dogtertjie van twee jaar en ’n seuntjie wat drie is.

“Nie Boetie of Sussie mag al vir Shanika sien nie. Ons kan net hoop en bid dat sy die kans sal kry om hulle te ontmoet,” sê Amelia.

Lees ook op Huisgenoot.com:

Skokkende besonderhede oor Springs se ‘huis van gruwels’ kom aan die lig

Vermiste Japannese seuntjie wat as straf langs pad afgelaai is, gevind

‘Ek is glad nie bang nie, tannie’: Jong kankerlyer staak behandeling en stel vertroue in geloof

Is hierdie dalk Bobby se grootste aanhanger?

Jy sal nie glo hoekom kannetjie sy pa by die polisie aangekla het nie!