Hoogtepunte in die geskiedenis op hierdie dag:

  • 1570: Pous Pius V verdoem koningin Elizabeth I van Engeland.
  • 1793 – Amerika se pres. George Washington belê die eerste kabinetsvergadering, in sy huis.
  • 1836 – Die Amerikaanse uitvinder Samuel Colt patenteer sy rewolwer.
  • 1948 – Kommuniste voer ’n staatsgreep uit in Tsjeggo-Slowakye.
  • 1956 – Die Sowjet eerste minister, Nikita Chroesjtsjof, verwerp die oorlede diktator Josef Stalin voor ’n kongres van die Kommunistiese Party in Moskou. Hy begin daarmee die beleid van destalinisering.
  • 1976 – Amerika veto die Verenigde Volke se resolusie wat Israel se besetting van Jerusalem afkeur.
  • 1991 – Irak se pres. Saddam Hoesein beveel dat sy magte, onder aanval van geallieerde soldate, aan Koeweit onttrek.
  • 1992 – Imelda Marcos aanvaar die Filippynse regering se voorwaardes oor die terugbesorging van haar man se lyk.
  • 2001 – Vredesamesprekings oor die oplossing vir Burundi se sewe jaar lange burgeroorlog eindig sonder ’n ooreenkoms.
  • 2009 – ’n Vliegtuig van die Turkse lugredery stort neer in ’n modderige land naby Amsterdam se grootste lughawe. Net nege van die 125 mense aan boord sterf, onder wie albei die loodse.
  • 2011 – Honderdduisende mense in die Arabiese wêreld stroom uit moskees en begin betoog; sommige probeer ontslae raak van outokratiese leiers en andere plaas druk op hul leiers vir hervorming.
  • 2013 –Miguel Diaz-Canel word na verwagting die regterhand en opvolger van Kuba se pres. Raul Castro.