Hoogtepunte in die geskiedenis op hierdie datum:

  • 1570 – Pous Pius V skop koningin Elizabeth I van Engeland uit die Rooms-Katolieke Kerk.
  • 1793 – Die Amerikaanse president George Washington roep die eerste kabinet ooit bymekaar – in sy huis.
  • 1836 – Die Amerikaanse uitvinder Samuel Colt patenteer sy rewolwer.
  • 1948 – Kommuniste voer ’n staatsgreep uit in Tsjeggo-Slowakye.
  • 1956 – Die Russiese premier Nikita Chroesjtsjof veroordeel die ontslape diktator Josef Stalin amptelik voor ’n kongres van die Kommunistiese Party in Moskou. Hy begin daarmee die beleid van de-Stalinisasie.
  • 1976 – Amerika veto die Verenigde Nasies se resolusie wat Israel se besetting van Jerusalem afkeur.
  • 1991 – Die Irakese president Saddam Hoesein beveel dat sy magte hulle uit Koeweit onttrek nadat hulle deur geallieerde soldate aangeval is.
  • 1992 – Die oud-presidentsvrou Imelda Marcos van die Filippyne aanvaar die Filippynse regering se voorwaardes oor die terugbesorging van haar man se liggaam.
  • 2001 – Vredesamesprekings oor ’n oplossing vir Burundi se sewe jaar lange burgeroorlog eindig sonder dat ’n ooreenkoms bereik word.
  • 2009 – ’n Vliegtuig van die Turkse lugredery stort neer in ’n modderige landery naby Amsterdam se hooflughawe. Nege van die 125 mense aan boord sterf, onder andere albei vlieëniers.
  • 2011 – Honderde duisende mense in die Arabiese wêreld stroom uit moskees en begin betoog. Sommiges probeer ontslae raak van outokratiese leiers en ander plaas druk op hul leiers om te hervorm.
  • 2013 – Miguel Diaz-Canel word eerste visepresident van die Kubaanse Staatsraad en dus die waarskynlike opvolger van pres. Raul Castro.