Hoogtepunte uit die geskiedenis op hierdie datum:

  • 1854 – Brittanje stem in dat hulle die gebied noord van die Oranjerivier in Suid-Afrika sal verlaat, wat die stigting van die Oranje-Vrystaat moontlik maak.
  • 1861 – Die verkose Amerikaanse president, Abraham Lincoln, kom in die geheim aan in Washington sodat hy sy amp kan aanvaar, ná ’n mislukte sluipmoordaanval in Baltimore.
  • 1933 – Japan begin China benoorde die Groot Muur beset.
  • 1938 – Olie word in Kuwait ontdek.
  • 1954 – Kinders in groot getalle kry die Salk-inenting teen polio.
  • 1991 – ’n Militêre junta kom aan die bewind in Thailand ná ’n bloedlose oorname.
  • 1996 – Twee uitgeweke skoonseuns van die Irakese president, Saddam Hussein, word vermoor ná hul terugkeer.
  • 2000 – Preston King kry presidensiële kwytskelding en keer terug na Amerika ná 39 jaar. Hy is ’n swart man wat in die 60’s nie by die weermag wou aansluit nie omdat die wit lede van die lotingsraad hom nie as “meneer” wou aanspreek nie.
  • 2007 – In Oslo onderteken 46 lande’n verklaring in Oslo ten gunste van ’n wêreldwye verbod op trosbomme. Aktiviste is bly hieroor, maar lande soos Rusland, Amerika, Israel en China is daarteen gekant.
  • 2009 – Die eerste aangehoudene wat bevry is tydens pres. Obama se bewind, keer terug na Brittanje. Hy sê die sewe jaar in aanhouding was ’n nagmerrie.
  • 2011 – Moeammar al-Ghaddafi se mag kwyn terwyl rebelle Libiese stede en dorpe oorneem. Die opposisie belowe hulle sal Tripoli, waar hy skuil, “bevry”.