Hoogtepunte uit die geskiedenis op hierdie datum:

  • 1630 - Engelse setlaars in Amerika vind uit hoe hulle kiepiemielies kan spring.
  • 1819 – Spanje staan Florida aan Amerika af.
  • 1848 - ’n Opstand ontstaan in Parys weens Lodewyk Filip se swak regering.
  • 1924 – Calvin Coolidge lewer die eerste presidensiële radiouitsending uit die Withuis.
  • 1945 – Die Amerikaanse Derde Leër steek in die Tweede Wêreldoorlog die Saar oor suid van Saarburg, Duitsland.
  • 1990 – Die laaste standbeeld van Stalin val in Ulaanbaatar, die hoofstad van Mongolië.
  • 1991- Die Amerikaanse president, George H. W. Bush, eis Saddam Hoesein moet onvoorwaardelik begin onttrek aan Kuwait om twaalfuur die volgende dag, of gevaar loop van oorlog teen geallieerde magte.
  • 1994 – Die Amerikaanse owerheid sê die CIA se voormalige topspioen Aldrich Hazen Ames was ook ’n Sowjetunie-spioen. Hy word later lewenslange gevangenisstraf opgelê.
  • 1995 – Frankryk beskuldig vyf Amerikaners van politieke en ekonomiese spioenasie en skop hulle uit die land.
  • 2000 – Die pendeltuig Endeavor en sy ses bemanningslede keer terug na die aarde met meer as ’n week se radar-beelde wat omskep sal word in die beste kaarte tot dusver van die planeet.
  • 2007 – Die Verenigde Volke kondig aan Iran het sy uraanverrykingsprogram uitgebrei en nie gestaak nie, ondanks ’n ultimatum deur die VN-veiligheidsraad. Dit gee aanleiding tot strawwer sanksies teen Teheran.