Hoogtepunte in die geskiedenis op hierdie dag:

  • 1656 – Spanje verklaar oorlog teen Engeland.
  • 1830 – Koning Lodewyk Filip van Frankryk doen van die troon afstand midde-in oproer in Parys en baan so die weg vir die Tweede Republiek.
  • 1920 – Die Nazi-party word in Duitsland gestig.
  • 1946 – Juan Peron word vir die eerste termyn van drie verkies as die president van Argentinië.
  • 1991 – Ure nadat Sowjet diplomatieke pogings ter elfder ure misluk, laat geallieerde magte ’n grondaanval van stapel loop teen Irakese magte in Koeweit en Irak.
  • 2000 – Betty Lou Beets (62) word in Texas tereggestel nadat goew. George W. Bush haar bewering verwerp het dat sy haar vyfde man ter selfverdediging doodgemaak het en begenadiging verdien. Sy is die tweede vrou wat sedert die Burgeroorlog in Texas tereggestel word.
  • 2002 – Die Olimpiese Winterspele eindig in Salt Lake City, Utah, met Duitsland wat die meeste medaljes gewen het: 12 goud, 16 silwer en sewe brons, oftewel altesaam 35.
  • 2008 - Raul Castro volg sy broer, Fidel, op as die president van Kuba.
  • 2009 – Pres. Barack Obama spreek die Kongres die eerste keer toe, en waarsku Amerika moet begin werk maak van hul ekonomiese probleme.
  • 2011 – Die Discovery, die mees berese ruimteskip, dring die laaste keer ’n wentelbaan binne op pad na die Internasionale Ruimtestasie. Die reis lui die begin van die einde van die era van die pendeltuig in.