Vandag is Vrydag, 7 Februarie, die 38ste dag van 2014. Die jaar het nog 327 dae.

Hoogtepunte uit die geskiedenis op hierdie datum:

  • 1804 – Komm.genl. Jacob Abraham Uitenhage de Mist stig die Kaap se vyfde landdrosdistrik van die distrik Graaff-Reinet af en noem dit Uitenhage, ter ere van homself.
  • 1831 – Die Belgiese Grondwet word uitgevaardig.
  • 1944 – Duitse magte val die geallieerdes se Anzio-vastrapplek aan in die Tweede Wêreldoorlog.
  • 1964 – Rock ’n roll se Britse inval begin toe duisende gillende aanhangers die Beatles groet met hul aankoms in New York op hul eerste Amerikaanse toer.
  • 1971 – Ruimtevaarders van die Amerikaanse Apollo 14 is ná hul besoek aan die maan op pad om neer te plons in die Stille Oseaan.
  • 1974 – Brittanje staan onafhanklikheid toe aan die klein Karibiese eilandjie Grenada.
  • 1984 – Die pendeltuig-ruimtevaarders Bruce McCandless II en Robert L. Stewart voer ’n eerste ruimtewandeling uit sonder dat hulle vasgemaak is.
  • 1991 – Die predikant Jean-Bertrand Aristide word ingesweer as Haïti se eerste demokraties verkose president. Irak vuur ’n Scud-missiel af op Riaad, Saoedi-Arabië, maar die Amerikaanse Patriot-missiel vernietig dit.
  • 1999 – Koning Hoesein sterf aan kanker ná byna ’n halwe eeu op die Jordaniese troon.
  • 2012 – Griekeland se privaat krediteure sê hulle vorder met skuldverligting, maar noodsaaklike samesprekings tussen Griekse koalisie-leiers dat ernstiger maatreëls afgedwing word op ’n vyandige publiek, word weer uitgestel.
  • 2013 – Ierland kom tot ’n langverwagte ooreenkoms met die Europese Sentrale Bank dat die lenings herstruktureer word waarmee sy sukkelende banke gehelp is; daar word verwag die ooreenkoms sal die nasionale skuld met sowat R300 biljoen verminder.