Hoogtepunte in die geskiedenis op hierdie datum:

  • 1663 – Kanada word ’n koninklike provinsie van Frankryk.
  • 1893 – Amerika annekseer Hawaii deur ’n verdrag.
  • 1946 – Aan die Universiteit van Pennsilvanië word die eerste volkome elektroniese rekenaar in gebruik geneem.
  • 1956 – Die Sowjet-premier Nikita Chroesjtsjof verwerp Josef Stalin se beleid op ’n konferensie van die Sowjet Kommunistiese party.
  • 1962 – Amerika se presidentsvrou, Jacqueline Kennedy, begelei ’n toer deur die Withuis wat op TV uitgesaai word.
  • 1979 – Vier gewapende mans ontvoer Adolph Dubs, die Amerikaanse ambassadeur in Afganistan. Hy sterf later in ’n skietgeveg met die polisie.
  • 1990 – ’n Passasiersvliegtuig van die Indiese lugredery stort neer tydens landing en 91 mense sterf.
  • 2002 – Navorsers by die Texas A&M-universiteit in College Station kloon ’n kat met sukses, die sesde spesie wat gekloon word.
  • 2013 – Oscar Pistorius, ’n Paralimpiese atleet, word daarvan aangekla dat hy sy meisie in sy spoghuis in Suid-Afrika doodgeskiet het.