Hoogtepunte uit die geskiedenis op hierdie datum:

  • 1788 – Oostenryk se Josef II verklaar oorlog teen Turkye.
  • 1825 – Die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers verkies John Quincy Adams as die president nadat geen kandidaat ’n meerderheid stemme in die verkiesing gekry het nie.
  • 1870 – Die Amerikaanse Weerburo word gestig.
  • 1941 – Duitse troepe onder gen. Erwin Rommel val Noord-Afrika tydens die Tweede Wêreldoorlog vanuit Italië binne.
  • 1962 – Jamaika verkry onafhanklikheid binne die Statebond.
  • 1964 – Die Beatles tree in The Ed Sullivan Show die eerste regstreekse op tydens ’n Amerikaanse televisieuitsending.
  • 1971 – Minstens 64 mense sterf in ’n aardbewing naby Los Angeles.
  • 1996 – In ’n bomontploffing in ’n Londense sakebuurt sterf twee mense, 37 word beseer en skade van sowat R1,38 miljoen word aangerig.
  • 2002 – Prinses Margaret (71), die jongste suster van Brittanje se koningin Elizabeth II, sterf.
  • 2006 – Venezuela se pres. Hugo Chaves noem Amerika se pres. George W. Bush ’n mal mens, en beskuldig Amerika en Brittanje daarvan dat hulle Iran, Venezuela se bondgenoot in die Midde-Ooste, wil binneval.
  • 2011 – Die Britse polisie onthul hulle gaan duisende mense nader wie se selfone geteiken is deur die poniekoerant News of the World, ’n aanduiding van die omvang van die skandaal in die hart van Rupert Murdoch se media-ryk.