Hoogtepunte in die geskiedenis op hierdie dag:

  • 1613 – Mikhail Romanof, die seun van die patriarg van Moskou, word tot die tsaar van Rusland verkies, en begin so die Huis van Romanof vestig.
  • 1838 – In New York stel die Amerikaner Samuel Morse die telegraaf vir die eerste keer ten toon.
  • 1916 – Die Slag van Verdun in Frankryk begin met ’n reuse bomaanval deur die Duitsers. Dit is die langste en bloedigste stryd van die Eerste Wêreldoorlog en meer as ’n miljoen mense sterf.
  • 1922 – Die Britse protektoraat in Egipte loop ten einde.
  • 1963 – Die Sowjet-Unie waarsku die Verenigde State dat ’n aanval op Kuba tot oorlog sal lei.
  • 1965 – Sluipskutters wat as Swart Moslems uitgeken word, vermoor die voormalige Swart Moslem-leier, Malcolm X, net toe hy ’n byeenkoms in New York sou toespreek.
  • 1986 – Die Suid-Afrikaanse regering stel blanke groepsgebiede in die middestad van Johannesburg en Durban vir alle rasse oop in die eerste wegbreek van die apartheidsbeleid van afsonderlike sakegebiede.
  • 1992 – Vir die eerste keer sedert die Kommunistiese revolusie van 1949 verwelkom China buitelanders op die Sjanghaise aandelemark terug.
  • 2007 – Leiers in Brittanje en Denemarke maak planne bekend vir die onttrekking van troepe aan Irak.
  • 2010 – Israel se lugmag stel ’n vloot van reuse, vlieënierlose vliegtuie bekend wat ’n volle dag in die lug kan bly. Hulle kan tot by die Persiese Golf vlieg en plaas sodoende hul vyand, Iran, binne die land se trefafstand.
  • 2012 – Griekeland kry ’n tweede reuse finansiële hulppakket toe sy Eurosone-vennote ’n reddingsplan van R450 biljoen saamstel wat veronderstel is om ’n potensieel rampspoedige wanbetaling af te weer en die euro-betaalmiddel te beveilig.