Hoogtepunte in die geskiedenis op hierdie datum:

  • 1801 – Die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers verkies Thomas Jefferson as president nadat hy en Aaron Burr gelykop was in die presidentsverkiesing.
  • 1904 – Giacomo Puccini se opera Madama Butterfly word swak ontvang tydens sy wêreldpremière in La Scala.
  • 1947 – The Voice of America begin met uitsendings in die Sowjetunie.
  • 1972 – Amerika se pres. Richard Nixon vertrek op sy geskiedkundige besoek aan China.
  • 1990 – Oos-Duitsland kondig aan hulle gaan ’n 180 m lange stuk van die Berlynse muur naby die Brandenburg-hek afbreek. Dis die eerste deel van die muur sonder amptelike bewaking.
  • 1998 – Amerikaanse atlete ding vir die eerste keer mee in Iran sedert die Islamitiese revolusie van 1979.
  • 2006 – Sowat 1 800 mense sterf toe ’n dorpie in die ooste van die Filippyne verswelg word deur ’n muur van modder en rotsblokke wat teen ’n angswekkende snelheid teen ’n berg afgestort het.
  • 2009- Amerika se pres. Barack Obama keur staatshulp van $787 biljoen goed ter wille van sy land se ekonomiese herstel.
  • 2011 – Libiese betogers teen die leier Moeammar al-Ghaddafi vaar die strate in vyf stede binne, in wat aktiviste ’n “dag van woede” noem. Luidens berigte sterf minstens 20 betogers in botsings met aanhangers van die regering.