Hoogtepunte uit die geskiedenis op hierdie datum:

  • 1873 – Spanje word ’n republiek. Dit duur net twee jaar.
  • 1945 – Amerikaanse troepe land in die Tweede Wêreldoorlog op die Corregidor-eiland in die Filippyne en begin lugaanvalle op Tokio uitvoer.
  • 1953 – Suid-Afrika stel noodmaatreëls in ingevolge die Wet op Openbare Veiligheid.
  • 1959 – Fidel Castro word die eerste minister van Kuba ná die omverwerping van Fulgencio Batista.
  • 1970 – Moskou sê Arabiese volke sal die “nodige ondersteuning” kry by die Sowjetunie in hul stryd teen Israel.
  • 1998 – ’n Airbus A-300 van die Chinese lugredery stort op pad terug van Bali af neer naby Taipei se lughawe. Die 203 passasiers en bemanning sterf, en so ook sewe mense op die grond.
  • 2000 – ’n Voormalige uitvoerende beampte van die Bank of New York en haar man pleit skuldig aan geldwassery ten bedrae van biljoene dollar van Russiese bankiers se geld in een van die grootste sodanige skemas in Amerika se geskiedenis.
  • 2006 – Die bevolking van Haïti vier die nuus dat Rene Preval, ’n oudpresident wat gewild is onder die armes, die presidentsverkiesing gewen het.
  • 2011 – Israel se minister van buitelandse sake beweer Iran gaan die eerste keer in jare twee oorlogskepe deur die Suez-kanaal stuur, maar lewer geen bewyse nie. Die Egiptiese owerheid wat die kanaal bestuur, ontken dit.
  • 2013 – Reeva Steenkamp se laaste wens vir haar familie voor sy doodgeskiet is in haar kêrel, Oscar Pistorius, se huis, was dat hulle na haar kyk in ’n werklikheidsprogram wat uitgesaai word twee dae ná haar dood.