Hoogtepunte in die geskiedenis op hierdie dag:

  • 1542 – Koningin Catherine Howard van Engeland word tereggestel weens hoogverraad in opdrag van haar man, Hendrik VIII.
  • 1633 – Die Italiaanse sterrekundige Galileo kom in Rome aan en word deur die Romeinse Katolieke Inkwisisie aangehou.
  • 1689 – Die Engelse parlement aanvaar ’n handves van menseregte.
  • 1920 – Die Volkebond erken Switserland se neutraliteit.
  • 1945 – Geallieerde magte verower Boedapest, Hongarye, tydens die Tweede Wêreldoorlog. Amerikaanse oorlogsvliegtuie laat val brandbomme op Dresden, Duitsland. Die stad word platgevee en 35 000 burgerlikes sterf.
  • 1960 – Frankryk laat ontplof sy eerste atoombom.
  • 1961 – Die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad gebruik mag om ’n burgeroorlog in die Kongo te voorkom.
  • 1991 – Amerikaanse vliegtuie vernietig ’n bunker in Bagdad wat bondgenote as ’n militêre plek uitgeken het, maar blykbaar Irakse burgerlikes bevat; die dodetal wissel van 40 tot 500.
  • 1992 – Die Palestynse leier Jasser Arafat beweer ’n band is gedokter waarop hy na bewering lasterlike aanmerkings oor Jode maak.
  • 1999 - Osama bin Laden, die Saoediese miljoenêr wat vermoedelik verantwoordelik is vir die bomaanvalle op Amerikaanse ambassades in Kenia en Tanzanië, het luidens berigte van sy basis in Afganistan vermis geraak.
  • 2011 – Pres. Hugo Chavez sê hy sal aanhou probeer om Venezuela ’n sosialistiese land te maak en spreek die vertroue uit dat sy bondgenote die leisels van sy “Bolívariaanse Revolusie” oor te neem as hy sou sterf of uittree.
  • 2013 – ’n Uitgeputte pous Benedictus XVI begin met ’n lang afskeid van sy kudde en vier sy laaste openbare mis as die pous.