Hoogtepunte uit die geskiedenis op hierdie datum:

  • 1715 – Die Vrede van Utrecht beëindig die oorlog tussen Spanje en Portugal.
  • 1819 – Die Britse Oos-Indiese Kompanjie, verteenwoordig deur Stamford Raffles, stig nedersettings in Singapoer.
  • 1838 –Dingane laat Piet Retief en sy geselskap om die lewe bring ná twee dae lange feesviering oor ’n kontrak wat die Zoeloekoning met die Voortrekkers onderteken het. Sy magte het ook Retief se mense, omtrent 500 mans, vroue en kinders, by Weenen vermoor.
  • 1952 – Brittanje se koning George VI sterf en word opgevolg deur sy dogter, Elizabeth II.
  • 1964 – Engeland en Frankryk kom ooreen dat die spoorwegtonnel van die Engelse Kanaal gebou word.
  • 1971 – Ruimtevaarders van die Amerikaanse Apollo 14 maak hulle ná 33 uur op die maan gereed om terug te keer na die aarde.
  • 1975 – Drie skilderye, een deur Raphael en twee deur Piero della Francesca, word gesteel uit die Nasionale Galery in Urbino, Italië.
  • 1990 - Die Wes-Duitse kanselier, Helmut Kohl, sê hy is ten gunste van onmiddellike samesprekings met Oos-Duitsland dat die Duitse mark daar gebruik word.
  • 1996 – Meer as duisend Palestyne bevraagteken Israel se soewereiniteit oor Jerusalem met eise vir eiendom wat hulle in die Joodse deel van die stad besit het.
  • 2000 – Hillary Rodham Clinton kondig in New York aan sy is ’n kandidaat vir die Amerikaanse Senaat. Sy verslaan die Republikeinse kandidaat in November en word die eerste voormalige Amerikaanse presidentsvrou wat verkies word tot die senaat.
  • 2001 – Ariel Sharon verslaan Ehud Barak oortuigend en word verkies as die eerste minister van Israel.
  • 2008 – Sewe dokters en aptekers word voor die hof gedaag in Parys vir die dood van meer as honderd jong mense wat Creutzfeldt-Jakob se siekte opgedoen het. Hulle het die siekte, wat die brein vernietig, gekry nadat hulle behandel is met besmette menslike groeihormoon. Die hofsaak volg ’n 16 jaar lange ondersoek.
  • 2010 – Finansiële kenners van die sewe grootste nywerheidslande probeer bekommerde markte paai met ’n voorneme dat regeringshulp ’n sukkelende ekonomiese herstel sal ondersteun.