Hoogtepunte in die geskiedenis op hierdie dag:

  • 1554 – Lady Jane Grey, wat nege dae op die Engelse troon aanspraak gemaak het, word onthoof nadat sy van hoogverraad aangekla is.
  • 1689 – Die Engelse Verklaring van Regte waarin William en Mary tot lewenslange koning en koning verklaar word, word aangeneem.
  • 1899 – Duitsland koop die Stille Oseaan-eilande Marianas, Carolines en Palau by Spanje.
  • 1912 – Poe Ji, die laaste keiser van China, abdikeer en beëindig so meer as 2 000 jaar se keiserlike heerskappy.
  • 1915 – Die hoeksteen van die Lincoln-gedenkteken word in Washington gelê.
  • 1953 – Brittanje en Egipte kom ooreen om Anglo-Egiptiese heerskappy van Soedan te beëindig en doen stappe om selfregering te verleng.
  • 1994 – Die Noor Edvard Munch se skildery Die Gil word uit ’n museum in Oslo gesteel. Dit word drie maande later tydens ’n polisieklopjag teruggevind.
  • 1999 – Die Amerikaanse senaat spreek pres. Bill Clinton vry op aanklagte wat spruit uit die Monica Lewinsky-skandaal.
  • 2000 – Die skepper van Peanuts, Charles Schulz, sterf op 77 ná ’n lang stryd teen kolonkanker net toe die laaste oorspronklike strokie van sy loopbaan van ’n halfeeu in koerante wêreldwyd gepubliseer word.
  • 2008 –Australië se premier Kevin Rudd vra die inheemse bevolking namens Australië verskoning vir onreg van die verlede.