Hoogtepunte in die geskiedenis op hierdie dag:

  • 1811 – Die Britse Regentskapswet word ingestel. Daarvolgens word die prins van Wallis die prins-regent tydens koning George III se tydelike kranksinnigheid.
  • 1885 – Die staat Kongo word gestig as ’n persoonlike besitting van koning Leopold II van België.
  • 1887 – Verdi se opera Othello word die eerste keer in La Scala in Milan, Italië, opgevoer.
  • 1917 – Mexiko word ’n gefedereerde republiek met 28 state; Die Amerikaanse kongres verwerp pres. Woodrow Wilson se veto en aanvaar ’n wet wat die immigrasie van Asiërs kwaai beperk.
  • 1971 – Die Amerikaanse Apollo 14-ruimtereisigers land op die maan.
  • 1976 – ’n Aardbewering eis amper 23 000 lewens in Guatemala.
  • 1990 – Die Sowjet-president Mikhail Gorbatsjof spreek ’n volledige sitting van sy party toe en sê die Kommunistiese Party moet sy monopolie op die mag laat vaar.
  • 1997 – Drie Switserse bankreuse maak bekend hulle sal R793 miljoen bydra om ’n humanitêre fonds te stig vir slagoffers van die Jodeslagting.
  • 1999 – Die 80-jarige pres. Nelson Mandela van Suid-Afrika lewer sy laaste groot toespraak in die parlement.
  • 2001 – Vier mans word in New York verhoor oor bomaanvalle in 1998 op twee Amerikaanse ambassades in Afrika waarin 224 mense omgekom het; minstens nege mense word beseer in ’n ontploffing in ’n moltreinstasie in Moskou.
  • 2009 – Onder toesig van die Amerikaanse vloot jaag Somaliese seerowers weg met ’n losprys van $3,2 miljoen nadat hulle ’n Oekraïense vragskip laat gaan het. Dit beëindig ’n vier maande lange dooiepunt wat die aandag op seerowery aan die wettelose kus van Somalië gevestig het.
  • 2010 – Toyota se voorsitter kom uit afsondering te voorskyn om verskoning te vra en kritiek aan te spreek dat die motorvervaardiger ’n krisis oor brandstofpedale wat vashaak, verkeerd hanteer het. Tog herroep hy nie die onderneming se Prius-hibriedemotor weens remprobleme nie.