Hoogtepunte in die geskiedenis op hierdie dag:

  • 1606 – Guy Fawkes, wat skuldig bevind is weens sy aandeel aan die Buskruitsameswering teen die Engelse parlement en koning Jakobus I, word tereggestel.
  • 1709 – Die Britse seevaarder Alexander Selkirk, die inspirasie vir Daniel Defoe se Robinson Crusoe, word gered nadat hy vier jaar op ’n eiland in die Stille Oseaan gestrand was.
  • 1928 – Leon Trotski word uit die Sowjetunie verban.
  • 1938 – Die Groote Schuur-hospitaal in Kaapstad word amptelik geopen. Dit sou veral danksy die baanbrekerswerk van prof. Chris Barnard en sy span, wat in 1967 die eerste menslike hartoorplanting uitgevoer het, wêreldberoemd word.
  • 1943 – In die Tweede Wêreldoorlog gee Duitse troepe hulle oor by Stalingrad.
  • 1949 – Amerika se eerste daaglikse sepie, These Are my Children, word vanaf die NBC-stasie in Chicago uitgesaai.
  • 1950 – Amerika se pres. Harry Truman maak bekend hy het opdrag gegee vir die ontwikkeling van die waterstofbom.
  • 1966 – Die Sowjetunie lanseer die Luna 9, wat die eerste suksesvolle sagte landing op die maan uitvoer.
  • 1992 –Amerika se pres. George H.W. Bush vra die VN se Veiligheidsraad moet sanksies teen Libië toepas.
  • 2003 – Ses mans word in Mosambiek skuldig bevind aan die moord op die ondersoekende joernalis Carlos Cardoso in 2000. Dié verslaggewer is in ’n voorstad van Maputo afgemaai terwyl hy die verdwyning van R155 miljoen se privatiseringsfondse van die Handelsbank van Mosambiek ondersoek het.
  • 2007 – Die teenterreurpolisie in Birmingham, Engeland, neem nege mans in hegtenis en fnuik ’n ontvoeringsplan wat behels het dat ’n Britse Moslemsoldaat gemartel en onthoof word en die teregstelling op die internet uitgesaai word.