Hoogtepunte uit die geskiedenis op hierdie datum:

1535 – Pedro de Mendoza van Spanje stig die Argentynse stad Buenos Aires.

1635 – Holland staan stedelike regte toe aan New Amsterdam (deesdae New York) wat ’n inwonertal van 800 het.

1872 – Holland verkoop handelsposte aan die Goudkus van Afrika aan Brittanje.

1919 – ’n Monargie word in Portugal uitgevaardig.

1943 – Duitse soldate gee oor aan Russiese magte in Stalingrad ná ’n verlies van 200 000 man.

1990 –Suid-Afrika se pres. FW de Klerk ontperk African National Congress en onderneem dat hy die politieke gevangene Nelson Mandela sal vrylaat.

1994 – Die Amerikaanse administrasie onder leiding van pres. Bill Clinton prys die Sinn Fein-leier, Gerry Adams, omdat hy bereidwilligheid toon dat hy vrede in Noord-Ierland sal bevorder.

1998 – ’n DC9-vliegtuig van Cebu Pacific Air stort neer in die suide van die Filippyne en eis 104 mense se lewe.

1999 – Hugo Chavez word ingesweer as die president van Venezuela, sewe jaar nadat hy die regering in ’n militêre staatsgreep wou omverwerp.

2000 – Die twee Libiese verweerders wat aangekla is van die bomaanval in 1988 op Pan Am-vlug 103 oor Lockerbie, Skotland, pleit onskuldig tydens ’n voorverhoor in ’n Skotse hof.

2009 - Moeammar al-Ghaddafi van Libië word verkies as hoof van die Afrika-Unie.

2012 – Nasa, wat uitsluitlik staatmaak op Rusland om Amerikaanse spanne te vervoer na hul ruimtestasie, sê hulle het nog vertroue in die gehalte van Rusland se bemande vuurpyle, ten spyte van ernstige foute en mislukkings in Moskou se ruimteprogram.