Hoogtepunte uit die geskiedenis op hierdie datum:

  • 1649 – Engeland se koning Karel I word onthoof.
  • 1835 – Die versteurde skilder Richard Lawrence probeer Amerika se pres. Andrew Jackson in ’n sluipmoordaanval vermoor.
  • 1902 – Brittanje onderteken ’n verdrag met Japan wat onafhanklikheid aan China en Korea toestaan.
  • 1911 – 'n Skooltjie word op die kerkgrond van die NG gemeente Bulawayo gestig om kinders in die gemeente se weeshuis (later Daisyfield genoem) te onderrig. Dié skool sou Bothashof geword, die enigste Afrikaanse hoërskool in Suid-Rhodesië.
  • 1933 – Adolf Hitler word kanselier van Duitsland.
  • 1943 – Sowjetmagte vernietig die Duitse weermag suidoos van Stalingrad in die Tweede Wêreldoorlog.
  • 1948 – ’n Hindoe-nasionalis vermoor Mahatma Gandhi in ’n sluipmoordaanval in Nieu-Delhi, Indië.
  • 1957 – Die Verenigde Nasies doen ’n beroep op Suid-Afrika dat hy sy apartheidsbeleid heroorweeg.
  • 1979 – Wit Rhodesiërs keur ’n nuwe Grondwet goed wat eindelik aan swart mense beheer gee oor die land, nou bekend as Zimbabwe.
  • 1982 – Die laaste van 385 aflewerings van Leon van Nierop se gewilde radiovervolgverhaal Wolwedans in die Skermer word oor Springbokradio uitgesaai.
  • 1986 – Pres. Ferdinand Marcos van die Filippyne onderneem om vreedsaam van sy mag afstand te doen as hy in die verkiesing van 7 Februarie teenoor Corazon Aquino verloor.
  • 1990 – Die Kommunistiese Party verloor ná vier dekades sy meerderheid in die Tsjeggiese parlement.
  • 1994 – Amerika ken ’n beperkte visum toe aan Gerry Adams, president van Sinn Fyn, die Noord-Ierse politieke party wat die verbode Ierse Republikeinse Leer ondersteun.
  • 2002 – Die Rooms-Katolieke Kerk in Ierland stem in om R111 miljoen te betaal aan kinders wat die afgelope dekades seksueel gemolesteer is deur geestelikes van die kerk.
  • 2008 – Die Australiese regering sê hy sal op 13 Februarie sy eerste formele verskoning maak aan sy inheemse bevolking. Dis ’n mylpaal wat spanning kan verminder met ’n minderheidsgroep wie se kinders van gemengde bloed lank gelede weggeneem is omdat hul ras glo gedoem was.
  • 2011 – Honderde Suid-Afrikaners bid in ’n geskiedkundige kerk in Soweto vir oudpres. Nelson Mandela nadat hy ontslaan is uit ’n hospitaal waar hy vir akute respiratoriese lugweginfeksie behandel is.