Hoogtepunte in die geskiedenis op hierdie dag:

  • 1547 – Koning Hendrik VIII van Engeland sterf en word opgevolg deur sy negejarige seun, Edward VI.
  • 1596 – Die Engelse seevaarder sir Francis Drake sterf aan die kus van Panama en word ter see begrawe.
  • 1909 – Amerikaanse beheer in Kuba word beëindig.
  • 1920 – Die Afrikaanse Hoërskool (later verdeel in afsonderlike skole vir meisies en seuns) kom in Pretoria tot stand as die eerste suiwer Afrikaansmediumskool in Suid-Afrika, vyf jaar voor die amptelike erkenning van die Afrikaanse taal.
  • 1932 – Japannese troepe beset Sjanghai in China.
  • 1961 – Rwanda se voorlopige regering vaardig ’n republiek uit.
  • 1964 – Onluste breek uit in Salisbury, Suid-Rhodesië, vandag bekend as Harare, Zimbabwe.
  • 1980 – Ses Amerikaanse diplomate wat dit vrygespring het om by hul ambassade in Teheran gyselaar geneem te word, vlieg uit Iran met die hulp van Kanadese diplomate.
  • 1981 – Die Nasionale Party wen 131 van die 165 setels in Suid-Afrika se Volksraadsverkiesing in ’n vervroegde verkiesing weens die stryd in die NP tussen “verligtes” en “verkramptes”.
  • 1986 – Die ruimtetuig Challenger ontplof oomblikke nadat dit by Cape Canaveral, Florida, opgestyg het. Al sewe bemanningslede sterf.
  • 1993 – Frankryk se ambassadeur in Zaïre word noodlottig deur ’n dwaalkoeël getref toe soldate oproerig raak en winkels en buitelanders se huise in Kinshasa plunder.
  • 1999 – Indië en Pakistan speel hul eerste krieketwedstryd op die subkontinent in 12 jaar. Pakistan wen met 12 lopies ná ’n naelbyt-eindstryd.
  • 2007 – Die regering van Israel keur die aanstelling van Raleb Majadele, die land se eerste Moslem-kabinetsminister, oorweldigend goed en noem dit ’n belangrike stap vir ’n verdraagsame minderheid.
  • 2010 – ’n Hof bevind dat die voormalige Franse premier Dominique de Villepin nie aan ’n smeerveldtog teen pres. Nicolas Sarkozy deelgeneem het nie. Die uitspraak beteken die twee teenstanders kan mekaar binnekort weer in die politieke arena aanvat.
  • 2011 – Die beleërde Egiptiese president, Hosni Mubarak, verskyn die eerste keer op televisie sedert betogings ontstaan het wat sy bedanking eis, en sê hy sal voorgaan met maatskaplike, ekonomiese en politieke hervorming.