Hoogtepunte uit die geskiedenis op hierdie datum:

  • 661 – Islam se Kalief Ali, een van Sjiiet-Islam se belangrikste heiliges, word met ’n vergiftigde sabel vermoor.
  • 1848 - James Marshall ontdek ’n klont goud in Kalifornië wat aanleiding gee tot die goudstormloop van 1849.
  • 1924 – Die naam Petrograd word verander na Leningrad ter ere van die stigter van die Sowjetunie.
  • 1935 – Bier word die eerste keer in Amerika in blikkies verkoop.
  • 1943 – Die Amerikaanse president Franklin D. Roosevelt en die Britse eerste minister Winston Churchill sluit ’n oorlogskonferensie af in Casablanca, Marokko.
  • 1973 – Die Amerikaanse onderhandelaar Henry Kissinger sê die Viëtnamese vredesverdrag van Parys beteken ook die einde van gevegte in Laos en Kambodja. Hanoi se Le Duc Tho noem die verdrag “’n groot oorwinning vir die mense van Viëtnam”.
  • 1978 – ’n Kernaangedrewe Sowjet-satelliet dring die aarde se atmosfeer binne, breek in stukkies en strooi radioaktiewe afval oor dele van noordelike Kanada.
  • 1985 – Die pendeltuig Discovery word lanseer in Nasa se eerste geheime militêre vlug.
  • 1995 – Die Amerikaanse president Bill Clinton vries die bates van vermoedelike terreurgroepe in Amerikaanse banke; die vervolging gee sy openingsverklaring in die moordsaak van OJ Simpson.
  • 1999 – Olimpiese leiers beveel die skorsing aan van ses lede van die Internasionale Olimpiese Komitee in ’n ongekende reaksie op die grootste korrupsieskandaal in die geskiedenis van die Spele.
  • 2005 – Met uitroepe van “nooit weer nie” herdenk die Verenigde Nasies se algemene vergadering in ’n spesiale sitting die 60ste herdenking van die bevryding van die Nazi-konsentrasiekampe.
  • 2010 - Osama bin Laden gee sy erkenning aan die mislukte poging om ’n Amerikaanse vliegtuig op Kersdag op te blaas en dreig met nuwe aanvalle teen Amerika.