Vandag is Donderdag, 23 Januarie, die 23ste dag van 2014. Vanjaar het nog 343 dae.

Hoogtepunte uit die geskiedenis op hierdie datum:

  • 1845 – Die Amerikaanse Kongres besluit alle nasionale verkiesings sal gehou word op die eerste Dinsdag ná die eerste Maandag in November.
  • 1878 – Die NG Kerk stig die Normaal School in Kaapstad is as ’n opleidingsinrigting vir onderwysers in Suid-Afrika, die kerk se eerste inrigting vir hoër onderwys ná die totstandkoming van die Kweekskool (waar predikante opgelei is) op Stellenbosch in 1859.
  • 1900 – Die Slag van Spioenkop begin naby Ladysmith in die hedendaagse KwaZulu-Natal. Dit was een van die Britte se bekendste nederlae in die Twee Vryheidsoorlog.
  • 1920 – Nederland weier om Duitsland se keiser Wilhelm II vir straf uit te lewer aan die Geallieerdes as ’n misdadiger van die Eerste Wêreldoorlog.
  • 1937 – Sewentien Kommunistiese leiers bieg in Moskou hulle het met Leon Trotski saamgesweer om die Sowjet-regering van Josef Stalin in die Groot Suiwering te ondermyn.
  • 1973 –Amerika se pres. Richard M. Nixon kondig aan ’n ooreenkoms is bereik in die Viëtnamese oorlog.
  • 1985 – ’n Debat in Brittanje se Hoërhuis word die eerste keer regstreeks op televisie uitgesaai.
  • 1991 – Die Angolese regering aanvaar ’n vredesplan wat die 15 jaar lange burgeroorlog met Unita-rebelle beëindig.
  • 1996 - Yigal Amir erken in die hof hy het die Israelse eerste minister Yitzhak Rabin vermoor.
  • 1998 – Die eerste Suid-Afrikaanse rolprent wat sedert die einde van apartheid vir ’n Oscar benoem is, Paljas, word uitgereik. Die regisseur was Katinka Heyns en die draaiboek is geskryf deur Chris Barnard
  • 2009 – Die Franse president Nicolas Sarkozy beveel die onmiddellike ontplooiing van ’n fregat na die kus van Gaza om wapensmokkelary te beveg en ’n brose wapenstilstand te versterk.
  • 2011 – Derduisende bondgenote en teenstanders van pres. Hugo Chavez vaar die hoofstad se strate binne om die 53ste herdenking van Venezuela se demokrasie te vier.