Hoogtepunte uit die geskiedenis op hierdie datum:

  • 1528 - Engeland en Frankryk verklaar oorlog teen die Heilige Romeinse keiser Karel V.
  • 1771 – Spanje stem in om die Falkland-eilande aan Brittanje af te staan.
  • 1808 – Koning Johan VI en die Portugese koninklike familie vlug voor Napoleon se soldate en verskuif die hof van Lissabon na Rio de Janeiro, Brasilië.
  • 1879 – Koning Cetshwayo se 20 000 swaargewapende Zoeloekrygers val Britse soldate aan en wen die Slag van Isandlwana. Net 139 soldate het byna 12 uur lank aanvalle afgeweer.
  • 1905 - In wat bekendstaan as die Bloedige Sondag-voorval, dood die Russiese tsaar se soldate meer as honderd vreedsame betogers voor die Sint Petersburg-paleis.
  • 1917 –Amerika se pres. Woodrow Wilson pleit vir die beëindiging van die oorlog in Europa, en noem dit “vrede sonder oorwinning”.
  • 1944 – Geallieerde magte land by Anzio in Italië, maar slaag nie daarin om Rome, net 53 km daarvandaan, in te neem nie.
  • 1970 – Die eerste gereelde kommersiële vlug van die Boeing 747 begin in New York en eindig sowat ses en ’n half uur later in Londen.
  • 1996 – Die Galileo-ruimtetuig dring Jupiter se atmosfeer binne, en daar word bevind dis winderiger en droër as wat verwag is, met minder helium en weerlig.
  • 1997 – Die Russiese parlement stem, sonder regskrag, om Boris Yeltsin as die president te onthef weens sy swak gesondheid; die Amerikaanse senaat sweer Madeleine Albright in as Amerika se eerste vroulike minister van buitelandse sake.
  • 2000 – ’n Span van die Internasionale Atoomenergie-agentskap besoek Irakese kernopslagplek in die eerste inspeksie van ’n wêreldliggaam in langer as ’n jaar. Hulle moet seker maak Irak se kernvoorraad word nie vir militêre doelwitte gebruik nie.
  • 2003 – Die Franse en Duitse regerings reik ’n gesamentlike verklaring uit waarin hulle hul teenkanting uitspreek teen onmiddellike militêre optrede teen Irak.
  • 2005 – Iran se konserwatiewe leiers verbied vroue om hul verkiesbaar te stel in die Junie-verkiesing, en ontken verslae in die staatsbeheerde media dat dit die eerste keer vrouekandidate toelaat.