Hoogtepunte uit die geskiedenis op hierdie datum:

  • 1649 – Die hofsaak oor verraad van Engeland se koning Karel I begin.
  • 1795 – Franse magte neem Holland in.
  • 1812 – Britse magte onder die hertog van Wellington neem Ciudad Rodrigo in Spanje in.
  • 1907 –Ds. R.D. MacDonald lê die hoeksteen van die NG kerk op Murraysburg, vandag nog een van die sierlikste kerkgebou in die Karoo.
  • 1937 – Die miljoenêr Howard Hughes stel ’n transkontinentale lugrekord op toe hy met sy monovliegtuig van Los Angeles vlieg na Newark, New Jersey, in sewe uur, 28 minute en 25 sekondes.
  • 1944 – Die Amerikaanse regering laat vaar beheer oor die land se spoorweë nadat dit ’n loonverskil besleg het.
  • 1945 – Sowjet-troepe val Krakau, Pole, binne tydens die Tweede Wêreldoorlog.
  • 1960 – Die Verenigde State en Japan onderteken ’n verdrag van gemeenskaplike sekuriteit.
  • 1975 – Brittanje en die Ierse Republikeinse Leër kondig die eerste regstreekse onderhandelinge aan sedert die begin van guerrilla-aktiwiteite in Noord-Ierland ses jaar tevore.
  • 1977 – Suid-Afrika se amptelike opposisie, die Verenigde Party, skors ses Volksraadslede onder leiding van Myburgh Streicher, Kaaplandse leier, omdat hulle geweier het om die planne vir ’n nuwe party te steun, wat uit die Progressiewe Reformiste Party, Demokratiese Party en Verenigde Party sou bestaan.
  • 1989 – Die Sowjet-Unie maak die onttrekking van sy kortafstand-kernwapens uit Europa bekend.
  • 2000 - Michael Skakel, ’n kleinneef van die oorlede sen. Robert Kennedy, gee hom in Greenwich, Connecticut, oor op aanklagte dat hy ’n kindervriend 24 jaar tevore doodgeslaan het.
  • 2003 – Indiese amptenare sê nyoende koue in dele van Indië, Bangladesj en Nepal het 1 300 lewens geëis sedert Desember 2002.
  • 2004 – ’n Japannese span wat terugkeer van ’n sending om Amerika se eerste bevestigde geval van malbeessiekte te ondersoek, waarsku koeie in Amerika en Kanada word nog blootgestel aan ’n uitbraak van die siekte.
  • 2007 – Die Verenigde Nasies se eerste vredesafvaardiging wat net uit vroue bestaan, is gereed om in Liberië ontplooi te word. Dit bestaan uit 105 Indiese polisievroue wat sedert September opgelei is.
  • 2008 – Die lyke van sowat 50 Afrikane wat probeer immigreer het, spoel uit in Yemen nadat hul boot in die Golf van Aden omgeslaan het. Die 35 oorlewendes vertel aan die owerheid minstens 135 Somaliërs en Ethiopiërs was in die boot.
  • 2010 – Amerikaanse troepe land op die grasperk van Haiti se beskadigde paleis en die slagoffers van die aardskudding juig hulle toe. Die Verenigde Nasies sê hulle sal nog lede van die polisie en soldate daarheen stuur.