Hoogtepunte uit die geskiedenis op hierdie datum:

  1. 1674 – Die Verdrag van Westminster word onderteken, waarvolgens Brittanje onderneem hulle sal Frankryk nie meer ondersteun in die oorlog tussen dié land en Nederland nie.
  2. 1803 – Die Wet van Mediasie tree in werking in Switserland, waarvolgens kantons onafhanklikheid verkry.
  3. 1878 – Die Amerikaanse uitvinder Thomas Edison verkry patentregte vir sy fonograaf.
  4. 1942 – Die eerste Japanese aanval op Australiese grondgebied vind plaas in die Tweede Wêreldoorlog toe vliegtuie Darwin en nabygeleë militêre basisse aanval. In dié aanval sterf 243 mense, agt skepe word gekelder en 23 vliegtuie vernietig.
  5. 1959 – Griekeland, Turkye en Brittanje onderteken ’n ooreenkoms in Londen wat onafhanklikheid toestaan aan Siprus.
  6. 1963 – Amerika se John F. Kennedy sê die Sowjetunie het ingestem dat hulle ’n paar duisend van hul 17 000 soldate aan Kuba sal onttrek.
  7. 1991 – Boris Jeltsin eis die bedanking van Mikhail Gorbatsjof omdat persoonlike mag vir hom belangriker as hervorming is.
  8. 1994 – Gewapende aanvallers bring 18 jong ANC-ondersteuners om die lewe in Natal in die eerste vername geweldsdaad van sommige Zoeloes se veldtog teen Suid-Afrika se demokratiese verkiesing.
  9. 2005 – ’n Privaat bankier wat hope geld in sy huis in Ierland weggesteek het, word vrygelaat sonder dat hy aangekla word, terwyl die polisie landswyd finansiële rekords nagaan. Hulle is op soek na bewyse van ’n beweerde geldwassery in die Ierse Republikeinse Leër en ’n verbinding met ’n groot bankroof in Belfast.
  10. 2008 - ’n Swak Fidel Castro bedank ná byna ’n halfeeu as Kuba se president.
  11. 2013 – Oscar Pistorius huil toe sy prokureur sy verklaring voorlees van hoe hy sy meisie in sy huis doodgeskiet het omdat hy na bewering gedink het sy is ’n inbreker.