Vandag is Maandag, 20 Januarie, die 20ste dag van 2014. Vanjaar het nog 345 dae.

Hoogtepunte uit die geskiedenis op hierdie datum:

  • 1265 – Engeland se parlement vergader die eerste keer.
  • 1503 - Casa Contratacion Board of Trade word gestig in Spanje om Amerikaanse vraagstukke te behartig.
  • 1839 – Chili wen die Stryd van Yungay teen die Federasie van Peru-Bolivië, wat daarna ontbind.
  • 1841 – Hongkong word aan Groot-Brittanje afgestaan.
  • 1887 – Nieu-Seeland annekseer die Kermadec-eilande in die Stille Oseaan; die Amerikaanse senaat keur goed dat Pearl Harbor in Hawaii as ’n vlootbasis gehuur word.
  • 1921 – Die nuwe parlement in Ankara verklaar die land sal Turkye genoem word, en gee uitvoerende mag aan ’n raad onder die leiding van Mustafa Kemal Ataturk.
  • 1936 – Brittanje se koning George V sterf en Edward VIII volg hom op.
  • 1942 – Nazi-amptenare hou die berugte Wannsee-konferensie, waartydens hulle die “finale oplossing” bereik, naamlik dat Europa se Jode uitgewis moet word.
  • 1957 – Suid-Afrika weier hawegeriewe aan Indiese skepe weens Indiese sanksies teen Suid-Afrika.
  • 1958 – Die Sowjet-Unie dreig Griekeland met ekonomiese sanksies indien dit sou toestem tot die installasie van Navo-missielbasisse op Griekse gebied.
  • 1964 – Britse magte onderdruk opstande van die Tanganyika Rifles en troepe in Uganda en Kenia.
  • 1986 – In ’n bloedlose militêre oorname verloor Lesotho se outokratiese eerste minister, Leabua Jonathan, sy pos; Amerika hou sy eerste federale vakansiedag ter ere van die burgerregteleier Martin Luther King jr.
  • 1987 – ’n Afgevaardigde van die Anglikaanse Kerk, Terry Waite, verdwyn in Beiroet, Libanon, terwyl hy die vrylating van Westerse gyselaars probeer beding. Hy word in November 1991 vrygelaat.
  • 1989 - George H.W. Bush word as die 41ste president van Amerika ingesweer.
  • 1993 - Bill Clinton word die nuwe Amerikaanse president.
  • 1997 - Bill Clinton begin sy tweede termyn as Amerikaanse president.
  • 1998 - Dr. James Robl van die Universiteit van Massachusetts en dr. Steven Stice van Advanced Cell Technology Inc. kondig aan hulle het met sukses twee identiese, geneties geskepte kalwers gekloon.
  • 2001 – Die burgerregteleier eerw. Jesse Jackson verskyn die eerste keer in die openbaar in Chicago sedert sy erkenning dat hy ’n buite-egtelike kind het. Die Filippynse president, Joseph Estrada, word gedwing om sy amp neer te lê en adj.pres. Gloria Macapagal Arroyo, word as die nuwe president ingesweer.
  • 2009 - Barack Hussein Obama word die 44ste, en die eerste swart president van Amerika.
  • 2010 – ’n Wêreldspan wetenskaplikes sê hulle dink hulle het die liggaam gevind van prinses Eadgyth (uitgespreek Edith) – ’n 10de-eeuse lid van die Engelse adelstand wat bekend was om haar liefdadigheidswerk en sjarme, en met prinses Diana vergelyk word.
  • 2011 – Die Verenigde Nasies se weeragentskap sê die warmste jare op rekord is 2010, 2005 and 1998, wat bewys die aarde verwarm.
  • 2013 - Barack Obama begin sy tweede termyn as Amerika se president.