Hoogtepunte uit die geskiedenis op hierdie datum:

  • 1595 – Frankryk se koning Hendrik IV verklaar oorlog teen Spanje.
  • 1759 – Die Heilige Romeinse Ryk verklaar oorlog teen Pruise.
  • 1852 – Die Sandrivierse konvensie vestig die Zuid-Afrikaansche Republiek.
  • 1871 – Die draadvervaardiger Andrew Hallidie patenteer die kabelkar om openbare vervoer in San Francisco te verbeter.
  • 1893 – Hawaii se koninkryk kom tot ’n val toe ’n groep sakelui en suikerboere koningin Liliuokalani dwing om van die troon afstand te doen.
  • 1945 – Sowjet-soldate en Poolse magte bevry Warskou, langer as vyf jaar nadat die Nazi’s dit ingeneem het; die Sweedse diplomaat Raoul Wallenberg, wat glo duisende Jode gered het, raak vermis in Hongarye terwyl hy in Sowjet-aanhouding is.
  • 1948 – Nederland en die Republiek van Indonesië onderteken ’n vredesooreenkoms.
  • 1959 – Die Federale Staat van Mali word gevorm deur ’n Unie van Republieke van Senegal en Frans-Soedan.
  • 1961 – Pres. Dwight Eisenhower van Amerika waarsku in sy afskeidstoespraak teen die opkoms van “die militêr-industriële kompleks”.
  • 1977 – Die veroordeelde moordenaar Gary Gilmore (36) sterf voor ’n vuurpeloton in die Utah-staatsgevangenis in die eerste Amerikaanse teregstelling in ’n dekade.
  • 1991 – Tweede en derde lugaanvalle teen teikens in Irak en Koeweit word geloods. Minstens ses Irakese Scud-missiele word op Tel Aviv afgevuur. Drie tref burgerlike gebiede en beseer 12 mense lig.
  • 2000 – ’n Berlynse hof bevind Johannes Weinrich skuldig aan moord en poging tot moord en vonnis hom tot lewenslange gevangenisstraf vir die terreur-bomaanval in 1983 op ? Franse kultuursentrum in die destydse Wes-Berlyn. Een mens is daarin dood en 23 beseer.
  • 2001 – Kalifornië beleef ’n elektrisiteitskrisis en sny die krag van honderdduisende mense af. Goew. Gray Davis onderteken ’n noodbevel waarin hy die staat toestemming gee om elektrisiteit aan te koop.
  • 2002 – Die vulkaan Nyiragongo in die ooste van die Kongo bars uit en die meeste van die 500 000 inwoners van Goma, die nabygeleë stad, vlug; twee neo-Nazi-jeugdiges word skuldig bevind aan die mesmoord op ’n 15-jarige in die eerste noodlottige rassemisdaad in Noorweë.
  • 2003 – Reddingswerkers spoor die lyke van drie kinders onder dik modder in die suidooste van Brasilië op. Dit bring die sterftesyfer ná modderstortings op 36 te staan.
  • 2008 – ’n Straler van British Airways op pad van Beijing met 152 passasiers stort neer terwyl dit wou land op Londen se Heathrow-lughawe. Altesaam 19 mense is beseer en meer as 200 vlugte moes afgelas word.
  • 2009 - Timmy, die oudste mannetjiesgorilla in ’n Noord-Amerikaanse dieretuin, vier sy 50ste verjaardag in die Louisville-dieretuin in Kentucky.
  • 2012 – Wetenskaplikes bevestig 7 kg rots wat kort tevore in Marokko versamel is, het tydens ’n meteorietstorting van Mars op die aarde geval.