Hoogtepunte uit die geskiedenis op hierdie datum:

  • 1547 - Iwan die Verskriklike word as Rusland se eerste tsaar gekroon.
  • 1666 – Frankryk, in vennootskap met Holland, verklaar oorlog teen Engeland.
  • 1761 – Brittanje val Pondicherry in en beëindig daarmee Franse oorheersing in Indië.
  • 1778 – Frankryk erken die Verenigde State van Amerika se onafhanklikheid.
  • 1816 – Portugal se Suid-Amerikaanse kolonie, Brasilië, word ’n koninkryk.
  • 1925 - Leon Trotski word ontslaan as die voorsitter van Rusland se rewolusionêre raad.
  • 1964 – 13 Arabiese lande beraadslaag in Kaïro en kom ooreen om die Arabiese militêre posisie te versterk oor Israelse probleme; die musiekopvoering Hello, Dolly!, met Carol Channing, open in Broadway in New York; dis die eerste van 2 844 vertonings.
  • 1969 – Twee bemande Sowjet-ruimtevaartuie koppel terwyl hulle om die aarde wentel.
  • 1973 – Amerika en Suid-Viëtnam kondig ’n wapenstilstand in die Viëtnam-oorlog aan, met die hoop op ’n volle vredesooreenkoms.
  • 1991 – Amerikaanse en geallieerde magte en swaar bomwerpers bombardeer teikens in Irak en Koeweit toe Irak nie ’n spertyd nakom om aan Koeweit te onttrek nie.
  • 2001 - Laurent Kabila, die Kongolese president, word tuis doodgeskiet.
  • 2004 – Spanje se grondwethof verbied, ingevolge ’n terroristewet, die politieke party Batasuna, wat glo gekoppel is aan die gewapende Baskiese onafhanklikheidsgroep, die ETA.
  • 2007 – Pakistani helikopters val ’n veronderstelde wegkruipplek van Al-Kaïda aan in ’n woud naby die Afghaanse grens en 10 mense sterf. Inwoners sê hulle was houtkappers en nie terroriste nie.