Vandag is Woensdag, 15 Januarie, die vyftiende dag van 2014. Vanjaar het nog 350 dae.

Hoogtepunte uit die geskiedenis op hierdie datum:

  • 1535 – Koning Hendrik VIII word aangestel as hoof van die kerk in Engeland.
  • 1559 – Engeland se koningin Elizabeth I word in die Westminster-abdy gekroon.
  • 1892 – Die reëls van basketbal word vir die eerste keer gepubliseer, in Springfield, Massachusetts, waar die sportsoort ontstaan het.
  • 1967 – Die eerste Super Bowl-wedstryd word in Amerika gespeel. Die Green Bay Packers van die National Football League verslaan die Kansas City Chiefs van die American Football League met ? telling van 35-10.
  • 1972 – Duisende Dene woon op die parlementsplein die kroning by van koningin Margrethe II van Denemarke.
  • 1973 –Amerika se pres. Richard Nixon kondig die staking aan van alle Amerikaanse aanvalsoffensiewe in Noord-Viëtnam, en sê vredesonderhandelings vorder.
  • 1976 - Sara Jane Moore kry lewenslange gevangenisstraf weens haar poging om Amerika se pres. Gerald Ford in San Francisco te vermoor.
  • 1986 – ’n Militêre oorname werp die regering in Lesotho omver.
  • 1993 – Die Verenigde State beveel die vloot om ’n barrikade rondom Haïti te vorm om ’n gevreesde uitstroming van vlugtelinge te verhoed – glo om “grootskaalse lewensverlies ter see” te voorkom.
  • 2004 – Ouditeurs van die Pentagon versoek ’n ondersoek na moontlike onreëlmatige optrede nadat adj.pres. Dick Cheney se voormalige maatskappy, Halliburton, ’n duur Koeweitse brandstofverskaffer binne net een dag kies, ná die oorweging van net drie maatskappye.
  • 2008 - British Airways spog met sy nuwe terminaal by die Heathrow-lughawe, ’n gebou met vyf verdiepings, marmervloere, 112 winkels en restaurante, en vensters met ’n uitsig op Windsor-kasteel in die verte.
  • 2009 – Die Amerikaanse loods kapt. Chesley “Sully” Sullenberger land in die Hudsonrivier naby New York toe ’n swerm voëls albei die vliegtuig se enjins buite werking stel. Al 155 passasiers oorleef.