Hoogtepunte uit die geskiedenis op hierdie datum:

  • 1784 – Die Verenigde State bekragtig ’n vredesverdrag met Engeland, en beëindig amptelik die Amerikaanse onafhanklikheidsoorlog.
  • 1809 - Engeland en Spanje vorm ’n bondgenootskap teen Napoleon Bonaparte.
  • 1814 – Die naam Cradock word, op voorstel van Andries Stockenström en ter ere van goewerneur sir John Cradock, amptelik goedgekeur vir die nuwe nedersetting op die plaas Buffelskloof.
  • 1984 – Die Afrikaanse liedjieskrywer en sanger Koos du Plessis sterf in ’n motorongeluk op die ou Krugersdorppad.
  • 1991 – Op die vooraand van die Verenigde Nasies se spertyd vir die gebruik van geweld in Irak, besluit die Europese gemeenskap dis nutteloos om ’n diplomatieke sending na Bagdad te stuur.
  • 1998 - Die VN se Veiligheidsraad stem eenparig om Irak tereg te wys omdat hulle nie wapeninspekteurs volle toegang gee nie. Irak beskuldig ’n Amerikaanse wapeninspekteur daarvan dat hy ’n spioen is.
  • 2006 – Die hoofregter in Saddam Hoessein se hofsaak dien sy bedanking in. Saddam en sy medebeskuldigdes word aangekla van die dood op meer as 140 Sjiitiese Moslems op die dorp Dujail in 1982 uit weerwraak vir ’n sluipmoordpoging.
  • 2010 – Noodleniging wat dringend benodig word, kom stadigaan uit op na Haïti waar die voorraad ’n bottelnek veroorsaak en gebrek aan leierskap veroorsaak dat reddingspanne op hul eie moet spook om die vasgekeerde en beseerde slagoffers van ’n sterk aardbewing te red en nood-hulpmiddels in die hoofstad te kry.
  • 2012 – ’n Luukse plesierboot sink aan die Italiaanse kus. ’n Skeur in die romp dwing sowat 4 200 mense om op reddingsbote die skip te ontruim na ’n nabygeleë eiland. Altesaam 32 mense sterf.
  • 2013 - Toyota onttroon General Motors weer as die wêreld se topverkoper-motorvervaardiger.