Hoogtepunte in die geskiedenis op hierdie datum:

  • 1559 – Elizabeth I van Engeland word gekroon.
  • 1653 – Jan van Riebeeck teken in sy dagregister aan dat die eerste koring aan die Kaap gedors is.
  • 1794 – Die Amerikaanse pres. George Washington keur ’n maatreël goed waarvolgens twee sterre en twee strepe by die Amerikaanse vlag gevoeg word nadat Vermont en Kentucky tot die unie toegelaat is.
  • 1813 – Die Britse vloot blokkeer die baaie Chesapeake en Delaware in Amerika tydens die Oorlog van 1812.
  • 1822 – ’n Liberale Grondwet word in Griekeland aanvaar.
  • 1870 – Die eerste van Samuel Zwaartman (H.W.A. Cooper) se 25 “Boerebrieven uit Fraserburg” verskyn in Het Volksblad in ’n vroeë vorm van Afrikaans. Hy word ’n baanbreker vir Afrikaans en wakker die begeerte by Afrikaanse mense aan om ook in die volkstaal te skryf, pleks van Nederlands.
  • 1893 – Brittanje se Onafhanklike Arbeidersparty, ’n voorloper van die Arbeidersparty, vergader die eerste keer.
  • 1915 – Suid-Afrikaanse troepe beset Swakopmund in die Duitse Suidwes-Afrika; ’n aardbewing in sentraal-Italië eis 30 000 lewens.
  • 1919 – Ds. J.D. Kestell tree uit as leraar van die Tweetoringkerk in Bloemfontein en word redakteur van die Kerkbode.
  • 1935 – Die Saar stem om na Duitsland terug te keer nadat Frankryk dit onder toesig van die Volkebond geadministreer het.
  • 1966 – Robert C. Weaver word die eerste swart Amerikaanse kabinetslid toe pres. Lyndon Johnson hom as die minister van behuising en stedelike ontwikkeling aanstel.
  • 1992 – Die reeksmoordenaar Jeffrey L. Dahmer pleit skuldig aan 15 verminkingsmoorde in Milwaukee. ’n Medegevangene vermoor hom in 1994; Japan vra verskoning dat hulle in die Tweede Wêreldoorlog tienduisende Koreaanse vroue as seksslawe vir Japannese soldate gebruik het.
  • 2000 – Die Microsoft-voorsitter, Bill Gates, bevorder die maatskappy se president, Steve Ballmer, tot hoof uitvoerende beampte.
  • 2005 – Die seun van die voormalige Britse premier, Margaret Thatcher, pleit skuldig dat hy ’n mislukte staatgreepsameswering in Ekwatoriaal-Guinee help finansier het in ’n pleitooreenkoms wat hom in staat stel om tronkstraf vry te spring en weer by sy familie in Amerika aan te sluit.