Hoogtepunte in die geskiedenis op hierdie datum:

  • 1719 – Frankryk verklaar oorlog teen Spanje.
  • 1792 – Rusland beëindig sy oorlog teen Turkye met die Verdrag van Jassy.
  • 1922 – ’n Staking deur sowat 22 000 werkers in goudmyne aan die Witwatersrand begin.
  • 1945 – Amerikaanse magte val Luzon in die Filippyne in die Tweede Wêreldoorlog binne.
  • 1951 – Die Verenigde Nasies se hoofkwartier open in New York.
  • 1962 – Die Sowjet-Unie en Kuba onderteken ’n handelsooreenkoms.
  • 1964 – Teen-Amerikaanse betogings ontstaan in die Panamakanaalgebied en lei tot die dood van 21 Panamese en drie Amerikaanse soldate.
  • 1973 – Die wit beheerde Rhodesië sluit sy grens met Zambië om swart bevrydingsmagte te probeer stuit.
  • 1992 – Serwiërs in Bosnië-Herzegowina roep hul eie staat uit.
  • 2000 – ’n Ondersoek na lekke in Switserland se geroemde bankgeheimhouding toon 13 mense in agt lande het onwettig inligting oor ander mense se Switserse bankrekening ontvang.
  • 2001 – Party Britse skole begin die nasorgpil aan leerders uitdeel. Dit ontketen ’n debat oor ouerregte terwyl die regering ’n kommerwekkend hoë koers van tienerswangerskap probeer verlaag.
  • 2004 – Die Amerikaanse raadgewer oor nasionale veiligheid, Condoleezza Rice, erken die Verenigde State het geen geloofwaardige bewyse dat Irak vroeg in 2003 wapens van massavernietiging na Sirië vervoer het voor die Amerikaans geleide oorlog waarin Saddam Hoesein uit die kussings gelig is nie.
  • 2008 – Peter de Villiers word aangewys as die eerste swart afrigter van die Springbokke.

- Sapa