Hoogtepunte in die geskiedenis op hierdie dag:

  • 1881 – Die Boere verslaan hul Britse teenstanders in die Slag van Majuba.
  • 1922 – Die Amerikaanse hooggeregshof bekragtig eenparig die 19de Wysiging aan die Grondwet wat vroue se stemreg waarborg.
  • 1933 – Duitsland se parlementsgebou, die Reichstag, slaan aan die brand. Die Nazi’s verkwalik die Kommuniste en gebruik dié voorval as ’n voorwendsel vir die opheffing van burgerlike vryhede.
  • 1991 – Amerika se pres. George H.W. Bush maak die staking van militêre aanvalle in die Golfoorlog bekend.
  • 1996 – Die Verenigde Nasies skort sanksies teen die Bosniese Serwiërs op nadat Navo bevestig het die Serwiese magte het aan die buffersones onttrek.
  • 1998 – Amerika se adj.pres. Al Gore kondig aan Amerika hef ’n wapenembargo van 35 jaar teen Suid-Afrika op.
  • 2010 – Een van die grootste aardbewings in menseheugenis ruk huise, brûe en hoofweë aan flarde in Sentraal-Chili en stuur ’n tsoenami halfpad om die wêreld. Chilene naby die episentrum word rondgepluk asof ’n reus hulle skud en die owerheid sê minstens 214 mense is dood.
  • 2012 – Die Duitse parlement keur ’n tweede leningspakket van $173 biljoen vir Griekeland goed nadat kanselier Angela Merkel lede maan dit sal onredelik wees om die land aan bankrotskap oor laat.