18:00 Villa Rosa (KykNET):  Anthony is onvergenoegd oor sy lewe, maar Isabel dink weer positief oor haar toekoms. Fritz ontdek die sakke dobbelgeld. Wouter voel skuldig en besluit hy is klaar met poker.

18:30 7de Laan (SABC 2): Nadia vind uit oor Bertus en Sonja se kort romanse wanneer Sonja by haar kom bly. Intussen ontvang Kim slegte nuus.

18:30 MasterChef Australia (M-Net): Amateur sjefs reg oor Australië ding mee vir die geleentheid om hul kookkuns te ontwikkel, maar net een kan die titel as Masterchef verower.

18:30 Binneland (KykNET): Krige en Karl kry wat hulle wil hê, terwyl daar meer as een persoon is wat na Daleen soek. Ouinton besef sy neef skroom nie om sy hande vuil te maak nie en Okkie moet ’n groot vraag vra namens Wimpie.

19:30 About A Boy (M-Net): Will kry ’n uitnodiging na ’n swembadpartytjie wat aangebied word deur Lil Jon. Intussen ontdek Fiona ’n tendens wanneer sy die waarheid vertel.

20:00 The Millers (M-Net): Carol sorg vir Mikayla terwyl Debbie en Adam by 'n vegetariër konvensie is. Nathan spandeer die naweek saam met Tom.

20:30 Reis na gister (KykNET): Jak de Priester neem die langpad Weskus toe, waar Noot Vir Noot se Johan Stemmet sy kinderjare herleef. In die strate van die diamantdorpie Kleinzee ontvou die herinneringe van sy jeug.