Vanaand se TV-rooster:

19:00 Mike & Molly (M-Net): Vice beseer sy rug en Joyce maak haar uit die voete. Mike en Molly moet nou na hom omsien.

19:30 Revenge (M-Net): Amanda en Jack se troue maak Emily emosioneel, veral omdat sy dink hoe als eintlik kon gewees het.

20:00 Kokkedoor (kykNET): ’n Splinternuwe kookwedstryd begin waarin ons gaan langarm, basaar hou, skoustalletjies pak, biltong maak, poedings bak, padkos inpak, brood knie en koek bak.

20:30 You Must Be Joking (e.tv): Leon Schuster vertolk die rol van ’n regisseur wat aan ’n fliek werk. Hy kom agter ’n ander regisseur het sy idee gesteel en is besig met ’n identiese weergawe.

22:00 The Mentalist (SABC 3): ’n Man en vrou word vermoor kort voor sy hoërskool-reünie. Rigsby moet sy identiteit verbloem sodat hy die moordenaar kan vastrek.

*Alle inligting oor uitsaaitye, programtitels en -beskrywings was reg teen saktyd. Die inligting word van die skakelafdeling en publisiteitspan verkry en word in goeie trou gepubliseer.