Die possakke bult behoorlik met foto’s, briewe, liefdesverklarings en geskenkies. “Ek dink nie iemand wat nog nie op Boer Soek ’n Vrou was nie, besef hoe gevly mens is as dit jou tref nie,” vertel Chris.

Maar gaan dié boer van Mpumalanga die topvyf haal?

Die boere se familie en vriende kom help lees en help die boer om die briewe te sorteer.

Die vyf boere wat die minste briewe ontvang, hou al hul briewe en hulle kan enige van die briefskrywers nader. Die vyf boere wat die meeste briewe kry, moet elkeen 10 vroue uit al die briefskrywers kies wat hulle volgende week op ’n blitsafspraak in die Kaap wil ontmoet.

Wie dink julle gaan die topvyf boere wees? Vertel vir ons op Facebook of Twitter