Dis moeilik om te glo hierdie twee foto’s is van presies dieselfde mens, maar met baie grimering en slim kontoerwerk slaag Robin Parsons daarin om op ’n manier weer lewe in die legendariese Michael Jackson te blaas.    

Dié Michael Jackson-nabootser en verhoogkunstenaar van Brittanje voer tot op 19 Junie sy Forever Jackson-vertoning by die Joburg-teaterkompleks op.

Robin se idee vir ’n Michael Jackson-nabootsing kom uit sy laat tienerjare toe hy in dans begin belangstel het.

[caption id="attachment_128561" align="aligncenter" width="601"]Foto: Facebook Foto: Facebook[/caption]

In ’n onderhoud op www.cliffcentral.com het hy vertel hy het oor die algemeen in dans belanggestel: “Ek kon nie in my jong dae dansklasse bekostig nie en het Michael Jackson se bewegings begin namaak. Ek is ’n perfeksionis en nadat ek die basiese beginsels baasgeraak het, het ek op MJ se maniertjies begin fokus,” het hy gesê.

Sedertdien het Robin die afgelope 17 jaar van sy loopbaan daaraan bestee om sy MJ-persona te skep en te verbeter.

“Dit is my voltydse loopbaan en ek behartig 140 tot 160 vertonings per jaar oral in die wêreld.”

Presies hoeveel moeite verg dit om soos die oorlede Popkoning te lyk? “Wanneer ek optree, het ek tot drie uur nodig net om die grimering te vervolmaak. Plekke wat my bespreek het, ervaar my dikwels as ’n las, want ek het soveel meer tyd nodig.”

Hy wy ook heelwat van sy tyd daaraan om presiese nabootsings van Jackson se kenmerkende baadjies op te spoor. “Ons het ’n wonderlike vrou in Brittanje wat al my kostuums aanpas om dit so na as moontlik aan die ware Jakob te kry,” sê hy.

Maar Robin sê om een van die bekendste kunstenaars in die geskiedenis na te maak, plaas hom nogal onder druk.

“Almal het ’n verhoogkunstenaar wat hulle aanbid en vir wie daardie kunstenaar ‘volmaaktheid’ is. Vir my was Michael Jackson volmaaktheid en dit hou ’n reuse-verantwoordelikheid in om hom behoorlik uit te beeld.”

Michael, wie se sangloopbaan op vyf jaar begin het, se stem het ’n indrukwekkende reikwydte gehad. “Ek was voorheen ’n sanger en het leenliedjies in plekke soos kroeë en klubs gesing. Ek bestee baie tyd daaraan om Michael se praat- en sangstem en sy maniertjies te verbeter. Dis moeilike werk,” sê Robin.

13340099_1002041133248786_261215013216817675_o

Hy sê Man in the Mirror en Earth Song is van die moeilikste liedjies om te sing. “Albei het baie hoë note teen die einde en ek dink dan: ‘Wat het hy gedink toe hy die note so hoog gemaak het?’ ” sê Robin.

Hy beloof ’n konsertervaring met gehoordeelname en spesiale effekte. “My persoonlike mening, asook die mening van ander mense wat my vertoning gesien het, is dat dit die naaste konsert aan ’n regte Michael Jackson-konsert is wat daar nog was,” sê Robin.

* Forever Jackson wys tot 19 Junie in die Joburg-teater. Gaan na From unassuming English bloke to The King of Pop vir kaartjie-inligting.

– Mabale Moloi

Ander stories op Huisgenoot.com

Reef Carneson, die terminaal siek seuntjie, eindelik skool toe!

Kan jy raai watter SA ster lyk op ’n haar soos die Suits-akteur Gabriel Macht?

#Tempos2016: Stem nóú vir vanjaar se wenners en jy kan ’n motor wen

12-jarige se musiektalent verstom selfs die kwasterige Simon Cowell

Oppasser wat seun ‘mishandel’, aangekeer ná aanlyn woede