Die Nataniël Tafel se Elfuurkoek vir almal       

Jy benodig:

½ koppie druiwepitolie

½ koppie plus 1 eetlepel heuning

4 eiers, geskei

1 ½ teelepel vanielje-ekstrak

1 ½ koppie rysmeel

1 koppie vars frambose

Maak so:

Klits olie, heuning, eiergele en vanielje saam. Meng meel by. Klits die eierwitte tot stywe punte vorm en vou by die beslag. Vou die helfte van die frambose versigtig by. Gooi in 22 cm-losboompan en strooi die res van frambose oor. Bak 30 tot 35 minute in die oond teen 180 °C.

Kosblikke:

Vir ’n lekker kosblikbederf kan jy ’n stukkie koek in waspapier toedraai en in jou kleinding se kosblik pak.